Stuur Vir My 'n Foto — аккорды для пианино
Аккорды:
E
G#m
A
C#m
F#
Intro
E G#m A E
[E] [G#m]
Stuur vir my 'n foto 'n duidelike beeld
[A] [E]
Van die plooitjies om jou oë onder andere
[E] [G#m]
Maak vir my 'n afskrif van die drome in jou hande
[A] [C#m]
En die skewe halwe glimlag om jou mond
[E] [F#] [G#m] [F#] [E/G#]
Probeer ten minste vaspen 'n bietjie van die aard
[E] [F#] [G#m]
Van die dinge wat jy liefhet en onthou
[E] [F#] [G#m] [E]
'n Mens is tog te gou geneig om maklik te vergeet
C#m F#
'n Foto keer dat die tyd verweer
[E] [G#m]
Stuur vir my 'n foto 'n duidelike beeld
[A] [E]
Van die sprokies en die spoke van jou lyf
[E] [G#m]
en die roering in jou palms en jou hartklop in jou are
[A] [C#m]
En jou stiltes en jou lag en selfs jou huil
[E] [F#] [G#m] [F#] [E/G#]
Probeer ten minste vaspen 'n bietjie van die aard
[E] [F#] [G#m]
Van die dinge wat jy liefhet en onthou
[E] [F#] [G#m] [E]
Soos ons ernstige woorde oor die dinge van belang
C#m F#
Wat nou reeds stom in die gange hang
[E] [G#m]
Stuur vir my 'n foto 'n duidelike beeld
[A] [E]
Van 'n plek waar ons al saam was of heen wil gaan
[E] [G#m]
Dalk 'n horison 'n waansin 'n hawe of 'n bos
[A] [C#m]
Onthou jy nog hoe ver wou ons nog reis
[E] [F#] [G#m] [F#] [E/G#]
Probeer ten minste vaspen 'n bietjie van die aard
[E] [F#] [G#m]
Van die dinge wat jy liefhet en onthou
[E] [F#] [G#m] [E]
'n Mens is tog te gou geneig om maklik te vergeet
C#m F#
'n Foto keer dat die tyd verweer